verhoog - jannie en die tannie
JANNIE EN DIE TANNIE (met inmenging deur Engemi Ferreira) het Christa en Jannie se vieringe van hulle twintig jaar saam op die verhoog in 2005 ingelei. Dit vertel die verhaal van 'n lewenswyse troebadoer en 'n effe afwesige pianis, wat saam uit hulle misverstande leer dat humor die seer kan versag, en dat liefde in die kleinste gebaar van menslikheid, teruggevind kan word. Musiek uit die penne van die twee kunstenaars sowel as keurige plaaslike en oorsese materiaal, dra by om die toehoorder se emosies voortdurend skoppelmaai te laat ry. Dit is die soort vermenging van lag en traan wat die gehoor laat met die gevoel dat 'n bietjie vertroue in die mensdom tog nie so misplaas is nie - kortom: lekkerkry-musiekteater.
JANNIE EN DIE TANNIE het gehore in 2005 by Oudtshoorn waar dit gedebuteer het, en sedertdien dwarsoor Suid-Afrika, asook op toere in Kanada, die VSA, Belgiƫ, Nederland en Brittanje laat skaterlag en ook aangegryp - die musiek is vars, maar die aanbieding getuig steeds van diƩ gesoute tweetal se kenmerkende plesierigheid en kwaliteit.

Lees (en sien) gerus meer oor Jannie en die Tannie deur die volgende skakels te volg:
Foto's
Mediavrystelling - Benelux 2006
Nog meer pret ...
|