verhoog - musiek en repliek
In 1999, twintig jaar na die vernuwing wat die sogenaamde MUSIEK EN LIRIEK- of LUISTERLIEDJIE teweeg gebring het, bied Lucas Maree saam met Jannie en Christa 'n program aan wat die hele "beweging" van nader bekyk het. Hulle program heet MUSIEK EN REPLIEK -KLAS VAN '79, en die mooiste liedjies van almal wat 'n rol in daardie tyd gespeel het is by die program ingesluit. Daar is egter ook tong-in-die-kies gekyk na Afrikaanse musiek oor die algemeen, na die smartlap wat maar altyd gewild sal bly, en die internasionale folk-beweging van die vroeƫ sestigs wat eintlik die saadjie was wat tot die verwikkelinge in die Afrikaanse musiek van die laat sewentigs sou lei.
|