verhoog - skadu's teen die muur

Die verhoogproduksie SKADU'S TEEN DIE MUUR, met Jannie du Toit, Christa Steyn en Marié du Toit is in 1992 op versoek van die FAK as 'n huldeblyk deur Stephan Bouwer saamgestel en geregisseer.

Benewens landswye optredes en beeldsendings van 'n volledige TV-opname, stel dié program Koos du Plessis se musiek ook vir die eerste keer in België en Nederland bekend tydens 'n besoek aan die Lae Lande aan die begin van 1993. Tot in 1995, toe dit op die Hooffees van die heel eerste Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn aangebied is, beleef dié program talryke optredes, en 'n CD, met die musiek is ook opgeneem en word steeds in die handel versprei. Die program, TV-opname en CD het deur die jare uiters positiewe reaksie van die publiek sowel as die media ontlok, maar die optredes het met Marié se vertrek na Bloemfontein, tot 'n einde gekom.

Danksy kykNET se onlangse uitsendings van die beeldmateriaal is daar hernieude belangstelling in die program. Om dié rede, maar ook omdat hulle 'n besondere sagte plek vir SKADU' TEEN DIE MUUR het, het die drietal besluit om dit op 15 en 16 Desember 2000, met die samewerking van die Highstreet-teater in Durbanville aan te bied, en op 20 Desember in Diasmuseum in Mosselbaai.

SKADU'S TEEN DIE MUUR bly inhoudelik grootliks onveranderd, maar die gehoor kan 'n paar verrassings te wagte wees. Die program word opgedra aan Koos du Plessis se nagedagtenis, maar ook aan dié van reggisseur Stephan Bouwer wat verlede jaar oorlede is.
BESPREKINGS: Jannie du Toit Tel: 082 410 4046

 
© Kopiereg | Terme en kondisies

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.